Spanje: opdatering oor La Palma-vulkaan

Lawa van La Palma se vulkaan het nou die Atlantiese Oseaan bereik. Wanneer dit gebeur is daar 'n chemiese reaksie aangesien warm lawa die kouer seewater kook. Vulkanoloog dr Robin Andrews het gesê: 'Dit skep 'n stoom van soutsuur, waterdamp en stukkies as. Vulkaniese ontploffings is moontlik omdat lawa wat seewater binnedring 'n drukkokersituasie skep wat vulkaniese puin uitgooi.' Owerhede het ’n uitsluitingsone rondom die lawa opgerig, ook in die see, om mense weg te hou van enige potensiële gevaar. Drie kusdorpies is nou toegesluit. Gaan asseblief voort om te bid vir die honderde gesinne wie se huise deur lawa verwoes is, die 6 000+ ontruimde mense, die eienaars van vernietigde piesangplantasies en besighede, en die leerlinge en gemeentelede van verwoeste skole en 'n kerk. Owerhede het La Palma tot 'n rampgebied verklaar. Bid dat daar genoeg finansiële ondersteuning sal wees vir almal wat geraak word.