Egeïese See aardbewing

’n Aardbewing in die Egeïese See op 30 Oktober het tot dusver 107 mense in Turkye en Samos doodgemaak. Dit is nog nie duidelik oor hoeveel mense nog onder die puin van 20 Turkse geboue is nie; 144 oorlewendes is steeds in die hospitaal en meer as 1 000 mense is in Turkye beseer. 'n 'Minitsoenami' het strate in Turkye en Samos oorstroom. Vier dae nadat sy lewendig begrawe is, is 'n jong meisie genaamd Ayda uit die puin geruk. Terwyl sy na 'n ambulans geneem is, toegedraai in 'n termiese kombers, het almal hande geklap en 'God is groot' gesing. Haar redding het gekom 'n dag nadat 'n driejarige meisie en 'n 14-jarige meisie ook lewend uit ineengestorte geboue getrek is. Bid vir diegene wat nog wag op nuus van verlore familielede - en dat nog lewendes gevind sal word.