Print this page

Wit-Rusland: Kerk versoek gebed

Europa - - 11 Sep 2020 - Print - Email

Leonid Mikhovich van die Baptiste Unie in Belarus het gesê onlangse gebeure het die kerk verdeel, 'Die situasie het baie spanning in die samelewing sowel as onder Christene en kerke geskep. Daar is verskeie skeidslyne tussen kerke so ons het baie besprekings en spanning. Die Kerk in Wit-Rusland was histories apart van die politiek. Gedurende die Sowjetunie was die Kerk 'n vyand van die staat, en die meeste kerke voel vandag nog so. Gevolglik het slegs die Katolieke Kerk in die openbaar simpatie gehad met die anti-regeringsbeweging, terwyl ander op gebed en straatevangelisasie gefokus het. Mikhovich het Christene regoor die wêreld gevra: 'Bid vir kerke. Ons het eenheid in hierdie tyd nodig, om saam te werk, veral evangeliese kerke. Bid vir ons samelewing, om ons te weerhou van haat, wraak en bitterheid.'