Duitsland se toesluitmaatreëls en Covid-19-beperkings het 'n protesoptog deur ongeveer 38,000 mense uitgelok. Honderde betogers het 'n veiligheidsversperring oortree en met die trappe buite Berlyn se parlementsgebou opgejaag. Hulle is met pepersproei deur die polisie uiteengejaag. Sommige van hulle het die vlag van die voormalige keiserlike Duitsland gehou, wat deur die Reichsbürger-verregse groep gebruik word. President Steinmeier het gesê die gebruik van Ryksvlae en regse provokasies is ''n ondraaglike aanval op die hart van ons demokrasie'. Hy het gesê mense het die reg om hul woede oor die beperkings uit te spreek en om dit in die openbaar te bevraagteken, insluitend betogings, maar sy simpatie eindig wanneer betogers toelaat dat hulle deur vyande van demokrasie en politieke oproeriges gebruik word. Die polisie het sowat 300 mense in hegtenis geneem. Bid dat Nazi-keiserlike oorlogsvlae wat die donkerste tydperk in die geskiedenis van Duitsland herinner, verhoed sal word om ooit weer te wapper.