Print this page

Oekraïne: anti-Semitisme

Die Oekraïne se polisie het geëis dat die Joodse gemeenskap van Kolommya hulle voorsien van 'n lys van alle lede van hul gemeenskap en van Joodse studente, met adresse en telefoonnommers. Die eis is aan die hoof van die gemeenskap, Jacob Zalichker, gerig, wat gesê het hy sal slegs gehoor gee wanneer 'n hofbevel vir die inligting aangebied word. Joel Lion, Israel se ambassadeur, het die dokument onder die aandag van die Oekraïne se president en twee verskillende ministeries gebring. Hy het gesê: 'Ek het telefoonoproepe van die hoogste amptenare van Oekraïne ontvang wat hierdie daad van anti-Semitisme ten sterkste veroordeel. Ons sal saamwerk om onderwys vir die polisie oor anti-Semitisme te verbeter'. Oekraïne se eerste Joodse president, Volodymyr Zelensky, is verlede jaar verkies.