Die EU wil teen 2050 klimaatneutraal wees. Dit beteken 'n herstrukturering van energievoorsiening, nywerheid, verkeer en landbou. Aardverwarming sal stygende seevlakke tot gevolg hê, met oorstromings van stede soos Londen, Rotterdam en die Noordseekus van Duitsland, en toenames van uiterste weerstoestande. Die C-virus het feitlik alles laat stop, wat die afname van CO2 gehelp het. Mag ons dinge uit hierdie 'stil seisoen' leer wat nuttig is vir die toekoms wanneer die lewe na normaal terugkeer. Frankryk bepleit verdere gebruik van kernenergie met nuwe reaktors. Hulle het nou 'n beter koolstofvoetspoor as Duitsland. Bid dat die nasies die kontroversiële paaie na volhoubare ontwikkeling sal verstaan. Bid vir Christene en kerke om 'n voorbeeld te stel in besigheid en lewenstyl wat CO2-vermindering skep. Bid vir regerings, handel en nywerheid om mylpaalbesluite te neem wat aardverwarming stop.