Duitsland: gedeporteerde asielsoekers 'gemartel of dood in die gesig'

Die leier van die Duitse Evangeliese Alliansie, Reinhardt Schink, het hom uitgespreek teen die tragedie van Christelike vlugtelinge en migrante wat na Afghanistan en Iran teruggestuur word, al kan hulle tronkstraf, marteling en dood in die gesig staar. Hy het statistieke aangehaal oor asielsoekers wat hulle tot die Christelike geloof in Duitsland bekeer het, maar later deur die owerhede verwerp is. 'Agter al hierdie naamlose figure skuil verwoestende persoonlike lotgevalle, en die risiko loop dat ons ons eie waardesisteem benadeel. Owerhede behoort die “know-how” van die Christelike kerke te gebruik.' Hy het gesê dat kundiges met kerkleiers moet skakel, wat waarborg dat 'n persoon effektief gedoop is, 'n Christenskapkursus gevolg het en 'n aktiewe lid van 'n kerkgemeenskap geword het. Schink het bygevoeg, 'Dit lyk of pastore daarvan verdink word dat hulle nie die waarheid praat nie. Ons het onsself as 'n land seergemaak wanneer juis daardie migrante wat goed geïntegreer het en brugbouers tussen kulture geword het, verdryf word.'