Print this page

Denemarke: grenskontroles

Deense owerhede, wat sukkel om 'n vlaag bomaanvalle wat aan Sweedse bendes toegeskryf word te stuit, het paspoortkontroles by die grens met Swede vir die eerste keer sedert die 1950's ingestel. Swede is in die eerste 10 maande van vanjaar deur meer as 100 ontploffings geruk, en nog 13 ontploffings het Kopenhagen ook geruk. Die Sweedse probleem is direk gekorreleer met hul ooparmbeleid vir immigrante en vlugtelinge, veral dié wat uit Noord-Afrika en die Midde-Ooste vlug. Baie meen die opkoms van die nasionalistiese regs in Europa is 'n direkte gevolg van politici se immigrasiebeleid. Bid teen wat baie glo die komende golf van 'n moontlike gewelddadige terugslag is.