Spanje: nasleep van ongekende storm

Dit ruik na modder en klam. Matrasse, huishoudelike toebehore, stoele en stukkende tafels word buite gegooi in byna elke straat wat deur verlede week se ergste storm in 140 jaar getref is. Inwoners in Orihuela, een van baie dorpe wat deur vloede geïsoleer is, kon vir vier dae nie hul huise verlaat nie, uit vrees dat strome hulle sou wegsleep. 'Ons het die motor uit die motorhuis verloor. Ons het kos in die vrieskas gehad, maar mense het dit nodig gehad en die militêre noodeenheid het dit geneem.' Bid vir die gebiede wat nog heeltemal oorstroom is en sonder elektrisiteit of water. Bid vir die 3 500 wat ontruim is, wat nou terugkeer na oorweldigende vernietiging. €75 miljoen is vrygestel om paaie, brûe, huise, plase, skole, hospitale, gesondheidsentrums en besighede te herstel. "Ons kan nie hul lyding verwyder nie, maar ons kan hulle help om te herstel," het streekpresident Juanma Moreno gesê.