Duitsland: Holocaust-verhoor

Europa - - 09 Aug 2019 - Print - Email

Die 92-jarige Bruno Dey sal in Duitsland verhoor word vir aandadigheid aan massamoord op 5 230 mense in die Stutthof Nazi-doodkamp tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die voormalige wag het kennis erken van gruweldade van moord in gaskamers, waar meer as 65 000 gesterf het voordat Stutthof op 9 Mei 1945 bevry is. Hierdie verhoor sal waarskynlik een van die laaste teen 'n voormalige Nazi-wag wees. Dr Efraim Zuroff wat hom beywer vir die regte van Holocaust-oorlewendes, het die besluit verwelkom om mnr Dey te verhoor. "Die verloop van tyd verminder geensins die kriminele verantwoordelikheid van diegene wat hulle skuldig maak aan die implementering van die Finale Oplossing nie," het hy gesê. Daar was nog twee onlangse verhore van Stutthof-wagte nadat 20+ oorlewendes van die kamp opgespoor is, van wie die meeste tans in Israel woon.