Oekraïne: Nuwe President se Brussel-reis

Oekraïne het diepgewortelde korrupsie, ekonomiese uitdagings en konflik met Rusland-gesteunde militante in Donetsk en Luhansk, wat gelei het tot 13 000 sterftes sedert 2014 toe Rusland beheer oor die Oekraïne se Krim-skiereiland oorgeneem het. Oekraïne se nuwe president, Volodymyr Zelenskiy is 'n gewilde komediant met geen politieke ervaring nie. Hy het 'n beroep op die EU gedoen om sanksies teen Rusland te verskerp 'om vrede in die Oekraïne terug te kry'. Zelenskiy het gesê dat Oekraïne onder sy leierskap sal voortgaan om EU-integrasie na te streef, en noem dit ''n versekering van die onafhanklikheid van die Oekraïense staat, die welsyn van die Oekraïense mense, en die versnelde ekonomiese en tegnologiese groei.' As die 'Bybelgordel' van die voormalige Sowjetwêreld, het die Oekraïne se Kerk 'n geskiedenis van vervolging. Vryheid van godsdiens is besig om te verbeter, maar word nog nie in beide wet en praktyk beskerm nie. Leierskapopleiding en leiding is baie nodig onder Christene. Mag volgelinge van Jesus opstaan as boodskappers van Sy hoop vir die toekoms. Sien