Print this page

Oekraïne: geboorte van nuwe kerk bring geweld

Jong mans het knuppels en koperknokkels na die Pechersk-klooster in Kiëf gebring, met die doel om aanbidding te ontwrig. Die polisie het hulle teen 'n muur wat eeue-oue fresko's van heiliges uitgebeeld het, gesprei en hulle toe weggesleep. Intussen het 'n dosyn mans by 'n klein kerkie in die middel van Kiëf 'n hele dag wagdiens georganiseer teen nasionalistiese radikale wat hul derde poging in 'n jaar aangewend het om hul plek van aanbidding in beslag te neem. Hierdie voorvalle onderstreep die Oekraïne se kragtige, moontlik plofbare mengsel van politiek, godsdienstige geloof en nasionale identiteit wat na vore kom in die skepping van 'n eie Ortodokse kerk. Daar is diep kommer oor wat met die 12 000 kerke gaan gebeur en hul eiendom in die kerkverdeling. Die oorlog tussen Oekraïense magte en Rusland-gesteunde separatiste, wat meer as 10 000 mense doodgemaak het, het vyandigheid teenoor die Moskouse Patriargaat-kerke verhoog. Met sulke passies aan beide kante word gevrees dat meer geweld tussen die twee kante voorlê.