Bewusmaking van klimaatsverandering

’n Kunswerk is op 11 Desember in Londen onthul, om saam te val met die klimaatsveranderingkonferensie wat in Pole plaasvind. Eeue oue Groenlandse ysberge wat tussen 1,5 en 6 ton weeg, hou aan smelt. Hierdie installasie poog om die gevolge van klimaatsverandering nader aan die huis te bring en mense in direkte kontak met die gevolge daarvan te plaas. Die ysberge herinner ons dat ons net twaalf jaar het om die ergste gevolge van klimaatsverandering te beperk, en hulle verteenwoordig ook nog 10 000 blokke ys wat elke sekonde van dieselfde yslaag in Groenland val. 'Mense moet die tasbare gevolge van hul dade in die gesig staar', sê die kunstenaar op sy webwerf. Intussen het NASA nuwe tekens opgespoor van groot gletsers in Oos-Antarktika wat ys verloor. Hierdie gebied is lank reeds as meer stabiel as Wes-Antarktika beskou.