Noorweë: NAVO oorlogspele

NAVO het sy grootste militêre oefeninge sedert die einde van die Koue Oorlog van stapel gestuur, te midde van toenemende spanning met Rusland. Ongeveer 50 000 soldate van 31 lande neem deel aan 'n skyngeveg in Noorweë, teen 'n invalsmag genaamd Trident Juncture 18. Die geveg is geskeduleer om tot 7 November te duur. Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van die NAVO, het gesê die oefeninge sal 'n duidelike boodskap aan 'enige potensiële teenstander' stuur. Washington dra die grootste kontingent troepe by tot die oefeninge, wat plaasvind net weke nadat Rusland sy eie grootste militêre oefeninge ooit uitgevoer het.