Vatikaanstad: C-9 en seksuele misbruik

Die 'C-9' is nege kardinale van regoor die wêreld wat vier keer per jaar vergader om die Pous te adviseer. Aan die einde van hul mees onlangse vergadering het hulle aangekondig dat hy senior biskoppe van regoor die wêreld na die Vatikaan ontbied het om die beskerming van minderjariges te bespreek. Die hoofde van die nasionale biskoppekonferensies sal in Februarie 2019 vergader om 'n groeiende seksuele misbruikkrisis in die VSA, Chili, Australië, Duitsland en elders die hoof te bied. Dit is onlangs aan die lig gebring dat 1 670 Duitse priesters 3 677 minderjariges, meestal mans, oor 'n tydperk van sewentig jaar seksueel misbruik het. ’n Amerikaanse jurie het 301 priesters in Pennsilvanië skuldig bevind aan seksuele misbruik van minderjariges oor ’n soortgelyke tydperk. In Augustus het die Italiaanse aartsbiskop Carlo Maria Viganò die Pous daarvan beskuldig dat hy geweet het van seksuele wangedrag deur 'n Amerikaanse kardinaal en niks daaraan gedoen het nie.