Roemenië: 450 betogers beseer in botsings

Tienduisende betogers het in Boekarest saamgedrom die dag nadat 450+ mense beseer is en ongeveer 30 in hegtenis geneem is in 'n groot teenkorrupsie-protes op 10 Augustus. Die polisie het waterkanonne en traangas gebruik om betogers uiteen te jaag wat gevra het dat die linkse regering moet bedank. Baie betogers het behandeling nodig gehad nadat hulle pepersproei en traangas ingeasem het; ander het slae opgedoen. Floarea Toader (64) het gesê: 'My kinders werk in Spanje en hulle wil graag terugkom. Maar vir nou is dit nie moontlik nie, want die politici stel net in hulself belang en doen niks vir enigiemand anders nie.' Vier miljoen mense het Roemenië die afgelope vyftien jaar verlaat op soek na 'n beter lewe. Roemenië se gemiddelde maandelikse loon is £465. Oostenrykse kanselier Sebastian Kurz, wie se land tans die roterende EU-presidentskap beklee, het die geweld gekritiseer waarin 'n Oostenrykse openbare uitsaaier se kameraman seergekry het.