Print this page

Griekeland: veldbrande styg

Stormsterk winde het deur kusgemeenskappe naby Athene geskeur en die vlamme aangeblaas wat 'n spoor van dood en vernietiging gelaat het. Kuswagte het gedurende die nag van 23/24 Julie 700+ mense gered wat see toe gevlug het. Die streek is gewild onder toeriste, veral pensioenarisse en kinders by vakansiekampe. Teen 26 Julie het die dodetal van Griekeland se bosbrande 83 bereik, wat na verwagting sal styg terwyl redders die rampgebied deursoek waar dosyne steeds vermis word. 'Ons het almal pyn', sug die 67-jarige Maria wat haar ses maande oue kleinseun, twee neefs, hul kinders en al haar wêreldse besittings verloor het. Haar dogter Margarita veg om haar lewe. 'My kleinseun was nog nie eens gedoop nie. Hy is in Margarita se arms dood, en nou is sy in intensiewe sorg.' 'God gee ons nie die woorde om sulke dinge te beskryf nie', het een vrou gesê wat die ramp oorleef het omdat sy saam met haar man dokters in Athene besoek het.