’n Reddingskip met 60 migrante wat van rubberbote in die Middellandse See opgetel is, het op 4 Julie in ’n Spaanse hawe aangekom nadat Italië en Malta toegang geweier het. Tienduisende migrante het tot dusver vanjaar Europese kus bereik. Suid-Europese lande weier toegang tot aankomelinge tensy hul las gedeel word. Vlugtelingbeleid oorheers nou Europese politieke agendas. Bid dat God Europa se leiers sal inspireer om saam te stem oor grensbeskerming wat bestaande Europese ooreenkomste (Schengen/Dublin III) aanvul. Bid vir vars metodes om huidige stadige asielprosedures te bespoedig. Sommige nasies 'gaan dit alleen' - hul eie belange laat geld, sonder enige deernis vir die lot van die ontheemdes. Vra God om harte sag te maak en politici deernis te gee met diegene wat uit hul tuislande vlug.