Pole se hooggeregshof het beslis teen 'n drukkeryeienaar wat geweier het om 'n banier vir 'n homoseksuele groep te skep. Hy het geglo dit sou verkeerd wees om iets te bevorder wat God sonde noem. Die saak het in 2015 begin toe Adam J. die projek vir die LGBT-besigheidsforum van die hand gewys het. Die saak is na die streekhof wat teen Adam beslis het. Terwyl die Poolse wet weiering vir 'n 'geregverdigde saak' toelaat, was sy godsdiensoortuigings nie 'n voldoende argument nie. Pole se minister van justisie, Zbigniew Ziobro, het 'n appèl by die Hooggeregshof ingedien, wat die uitspraak op 14 Junie bekragtig het. Ziobro het gesê die uitspraak skend die gewetevryheid wat in die grondwet vervat is. 'Dit gaan oor beginsels en nie oor vooroordeel nie. Indien 'n diensverskaffer weier om 'n diens uit te voer, kan die kliënt hom tot hul mededingers wend.' Alliance Defending Freedom International het nou 'n intervensie by die Grondwetlike Tribunaal van Pole ingedien om die uitslag van Pole se hooggeregshof te verwerp.