'Beskerm' Europa teen sharia-wetgewing

Christian Concern het ingegryp in 'n saak by die Europese Hof vir Menseregte, wat gaan beslis of sharia-wetgewing toegepas moet word op 'n dispuut tussen Griekse burgers wat Moslems is. Die uitspraak sal bepaal of sharia-wetgewing ooit oppergesag oor 'n land se binnelandse wetgewing kan hê. Mev Molla Sali het die hele boedel van haar man geërf toe hy gesterf het, ingevolge 'n testament wat hy in ooreenstemming met die Griekse wet opgestel het. Twee susters van haar man beweer dat aangesien hy 'n Moslem was, die erfenis toegeken moet word volgens sharia-wetgewing, wat deur die mufti beoordeel word. 'n Uitspraak op hierdie vlak kan ernstige gevolge hê vir die Raad van Europa, insluitend die VK. Christian Concern het gesê dit sal in die hof beklemtoon dat sharia-wetgewing nie in lyn is met Europese wetgewing nie.