Hamburg se polisie moes reeds gewelddadige betogings by die G20-beraad hanteer. Hoëtegnologie-waterkanonne is op 4 Julie gebruik om skares uiteen te jaag, wat vyf mense beseer het. Daar word van betogers verwag om wapens op geheime plekke op te gaar voor die beraad waar wêreldhandel, terrorisme, klimaatsverandering, Noord-Koreaanse missiele, Brexit, digitalisering en bemagtiging van vroue op die agenda sal wees. Liggaamstaal sal onder die loep geneem word in die eerste ontmoeting van aangesig tot aangesig tussen presidente Trump en Poetin: bid vir 'n werkende dialoog tussen hierdie twee leiers. Amerikaanse houding teenoor handel na aanleiding van Trump se 'America First'-beleid kan 'n twispunt wees, asook klimaatsverandering nadat president Trump uit die Parys-klimaatveranderingsooreenkoms onttrek het. Bid dat globalisering en klimaatsoplossings met 'n wen-wen-houding beding word. Angela Merkel het die samesprekings rondom 'n 'verbonde' wêreld gebaseer, en sal verskille tussen lande aanspreek.