Duitse media: 'n sagte Brexit ?

Senior figure in Europa het besin oor hoe die uitslag van Theresa May se verkiesingsdobbel die Brexit-onderhandelinge sal beïnvloed. Die koerant Frankfurter Allgemeine Sonntagszeitung het gesê die Europese Kommissie beskou die verkiesingsuitslag as 'n teken dat die meeste Britte nie 'n 'harde uittrede' uit die EU verlang nie. Die Europese Kommissaris, Günther Oettinger, het glo gesê dat dit nou moontlik is om 'nouer betrekkinge' tussen die VK en die EU te bespreek as wat mev May oorspronklik beplan het. Wycombe-LP Steve Baker, 'n toegewyde Christen en een van die mees vokale Euroskeptiese Tory-LP's, is egter in die kabinetskommeling na 'n belangrike rol in die Brexit-afdeling geskuif. Die keuse van mnr Baker sal waarskynlik diegene kwaad maak wat hoop dat die verkiesingsuitslag mev May sal dwing om 'n meer versoenende toon oor Brexit aan te neem en dreigemente te laat vaar om die EU sonder 'n handelsooreenkoms te verlaat. Sien ook