Print this page

Duitsland: meer geboortes, maar minder vroedvroue

Sedert 2012 neem die Duitse geboortesyfer toe. In 2014 het die Huffington Post petisies aangemeld wat die rondte gedoen het om die publiek te waarsku oor die bedreiging vir die vroedvrou-professie. Hulle het 'n beroep op verwagtende gesinne gedoen om druk op die Duitse regering se minister van gesondheid uit te oefen om met 'n oplossing vorendag te kom vir die massiewe verhogings in versekeringstariewe op vroedvroue, veral dié wat met geboorte help. Die Julie 2017 Duitse Intersessors nuusbrief versoek gebed vir vroedvroue se werksomstandighede. 'Enigiemand wat 'n vroedvrou soek voor bevalling, moet baie weieringe verwag. Al hoe meer vryskutvroedvroue verlaat die beroep. Hulle kan nie die ongelooflike hoë bydraes vir persoonlike aanspreeklikheidsversekering bekostig nie, al word subsidies nou deur die staat verskaf.' Die vroedvrouvereniging vra vir 'n fonds om aanspreeklikhede vir selfstandige vroedvroue te dek. Voltydse salarisvroedvroue het nog 'n probleem; hul werksomstandighede laat hulle nie tyd om te rus nie.