Print this page

Europese leiers hoop op Trump se guns

Brussel, wat hy 'n 'hellhole' genoem het, die Europese Unie, wat hy ''n voertuig vir Duitsland' genoem het, en NAVO, wat hy 'verouderd' genoem het, het president Trump Woensdag verwelkom. Sekuriteit was streng ná die Manchester-terreuraanval Maandag, met polisie van regoor België en sommige buurlande ingebring. Die besoek van twee dae was besaai met doelbewus kort vergaderings en slegs beskeie inhoud. Dit was 'n kans vir president Trump om ongeveer dertig Europese leiers te ontmoet en te groet, en vir hulle om hom te probeer kry om die belangrikheid van die EU en NAVO om die vrede te bewaar, ten volle te verstaan. Hulle hoop op lof en ondersteuning van mnr Trump, wat hom meer by die kritici van die EU geskaar het.