Print this page

Duitsland: gebed en sendingkonferensie

'n Konferensie vir gebeds- en sendingleiers van regoor Europa vind tans (4 tot 14 Mei) in Herrnhut plaas. Hulle evalueer die huidige posisie van sending na die onbereikte mense van Europa en bid strategiese, ingeligte profetiese gebede vir deurbraak. Bid vir selfs meer salwing van profetiese sensitiwiteit op hierdie leiers in die laaste paar dae van die konferensie. Bid vir 'n magtige beweging van Sy Kerk wat vorentoe beweeg met die evangelie as gevolg van hierdie gebeurtenis. Mag die gebede van God se volk die weg baan vir die verkondiging van die evangelie, met krag en wonderwerke wat volg, in elke Europese taal en dialek. Bid dat al die netwerke en konneksies wat deur die loop van hierdie konferensie plaasgevind het, met Heilige Gees salwing opgetree sal word. Dit is van kardinale belang dat hierdie afgevaardigdes dieper en doelgerigter skakel. Mag vrugbare netwerk hierdie week nuwe inisiatiewe voortbring deur nouer koppeling van die gebeds- en sendingbewegings.