Print this page

Duitsland: politici se gebedsontbyt

Vanjaar sal Duitsland verkiesings op nasionale en plaaslike staatsvlak hê. Daar is een deurslaggewende faktor waarin ons kan bid. Dit is die aanhef van die Federale Grondwet (waarna verwys word as die Grondwet van die Duitse Bondsrepubliek), wat soos volg lui: 'In bewustheid van hul verantwoordelikheid teenoor God en mens, het die Duitse volk hierdie grondwet vir hulself opgestel.' So 'n verwysing na 'God' deur politieke leiers is baie ongewoon in Europa. Dit het in 1949 ontstaan, ná die Nazi-tydperk. Die Duitsers weet wat gebeur as politici net 'voor die mens' verantwoordelikheid vir hul werk aanvaar. Ook vergader parlementslede van 'n deursnit van alle partye een keer per maand by 'n gebedsontbyt voor die aanvang van die parlementêre sitting. In hierdie plek van gebed het hulle altyd die voorbeeld van die persoon Jesus van Nasaret voor hulle. Mag Duitsland se politici Jesus kragtig ontmoet in hierdie vergaderings.

  • Pray: for many members of parliament to be elected to follow the example of Jesus. (Mt. 7:24, 25)