Oor die volgende twee jaar sal staatshoofde Brexit informeel bespreek en formeel onderhandel noudat Artikel 50 in werking gestel is. 'Die voorbereidings van die hart behoort aan die mens, maar die antwoord van die tong is van die Here. Al die weë van 'n mens is rein in sy eie oë, maar die Here weeg die geeste.' (Spr. 16:1-2) Mag die EU-staatshoofde deur die Koning van die Konings en die Here van die Here bewaak en gelei word. Mag alle besprekings in Sy volmaakte wil wees. Bid veral dat Theresa May deur God geseën en gesalf sal word. Mag Sy aangesig gedurig oor haar skyn, mag Hy haar genadig wees en haar in Sy magtige hande ondersteun en haar vrede en vertroue gee in die komende maande en jare.