Europa in 2017

Die jaar 2017 kan heel moontlik die moeilikste wees vir Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die nuwe Amerikaanse administrasie sal waarskynlik die Krim as 'n Russiese gebied aanvaar as dit genoeg in ruil daarvoor kry. Ten minste 'n kansellasie van die sanksies teen Rusland is reeds genoem. Daar sal ernstige samesprekings in die EU wees as dit gebeur, met onberekenbare gevolge vir die eenheid van die Unie. Nog 'n gevaar vir die EU in 2017 is die verkiesings in Holland (Maart), Frankryk (Mei) en Duitsland (Sept). In al hierdie lande is die populiste sterk. As die Front Nasionaal in Frankryk slaag en Marie le Pen die presidentsverkiesing wen, sal dit geweldig moeilik wees vir die EU. As Angela Merkel haar kanselierskap verloor, kan alles verlore wees. Ons kan net bid en verkondig, 'Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid, tot in alle ewigheid!' Bid vir die koninkrykswaardes in die politieke wêreld; waarheid teen valsheid, 'n gevoel van verantwoordelikheid teen egotisme, en oorweging teen afpersing.