Print this page

Duitsland: integrasie van vlugtelinge

'Een van die belangrikste kwessies van ons tyd is hoe om vlugtelinge in die Duitse samelewing te integreer. Integrasie werk die beste deur betrokkenheid by die alledaagse lewe - in 'n dagsorgsentrum of skool, in die aanleer van 'n ambag of in 'n werkplek. Hier kan die vlugtelinge direk in aanraking kom met die Duitse taal en kultuur en kan hulle ook vertroud raak met die sosiale norme en gebruike van ons samelewing. Integrasie in die arbeidsmark neem egter tyd; dit kan wees as gevolg van 'n gebrek aan kwalifikasies, of min geleenthede vir vakleerlingskappe of beroepsopleiding. Baie vlugtelinge bly vir 'n lang tyd in tydelike verblyf, met geen vooruitsigte vir werk of 'n meer permanente blyplek nie. Die geredelike beskikbaarheid van maatskaplike behuising is 'n noodsaaklike komponent van 'n suksesvolle integrasieplan: maar 'n eie huis moet nie net vir vlugtelinge bekostigbaar wees nie, maar ook vir die laeloontrekkers, die werkloses en pensioenarisse. Hierdie moet ook nie vergeet word nie! Baie geduld word dikwels ook van hulle verwag. Om die handhawing van vrede en harmonie in gemeenskappe te verseker, vereis die taak van effektiewe integrasie ons voortdurende gebed.'