In die week voor Kersfees is 'n vragmotor as 'n terreurwapen in Berlyn gebruik. Die Russiese ambassadeur in Turkye is vermoor (sien aparte artikel), en in Switserland het 'n gewapende man drie mense by 'n Islamitiese sentrum in Zürich geskiet en toe deur die polisie dood gevind. Bid dat Europese lande sal voortgaan om aansienlike hulpbronne te belê in die handhawing en ontwikkeling van sekuriteit, en effektiewe inligtingsdeling en netwerkvorming.