Die Europese Parlement het gestem om Turkye se EU-lidmaatskapsamesprekings op te skort weens die Turkse regering se onderdrukking sedert die staatsgreeppoging in Julie. Die MEP's se nie-bindende stem is reeds deur die Turkse president Recep Tayyip Erdogan as "waardeloos" afgemaak. Intussen word die Kerk in die land geraak deur die teenwoordigheid van radikale Islam, die etniese konflik, en 'n regime wat daarop gemik is om die land te Islamiseer. Die hernieude gevegte tussen die regering se militêre magte en die Koerde stimuleer Turkse nasionalisme tot nuwe hoogtes, wat alle gelowiges, maar bekeerlinge van Islam die meeste van almal, raak. Druk op Christen-bekeerlinge van beide familie en gemeenskap is akuut. Die teenwoordigheid van Islamitiese fundamentaliste het reeds geblyk 'n groot bedreiging vir Protestantse pastore te wees; Geopende Deure sê dat Moslem-agtergrond gelowiges soortgelyke behandeling kan verwag. Maar ons kan God loof vir tekens van versoening tussen Armeense en Turkse Christene; vra Hom om die Kerk in Turkye gesond en sterk te maak. Sien http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-38090121