Duitsland: meer as 50% vrees Islamisering

'n Studie wat deur 'n meningspeilingsfirma vir die Evangelical News Agency gedoen is, het bevind 57% van die Duitsers het 'n negatiewe siening van Islam in hul land, insluitend 61% van vroue en twee derdes van die ouer as 45's. Vrees vir Islam is veral sterk onder Katolieke met 61,5%, Protestante met 59,6% en ander Christene met 55,5%; ook sê 57% van nie-kerkgangers dat hulle dit vrees. Die peiling het ook die vrees vir toenemende misdaad beklemtoon as gevolg van die migrante-instroming, veral onder die land se Joodse bevolking - 92% van die Jode het gesê hulle vrees aanvalle. Christene van alle denominasies glo dat Duitsland minder veilig sal wees as gevolg van die migrante-oplewing; meer as 60% glo misdaad gaan toeneem. In Mei het Duitsland se minister van binnelandse sake 'n verslag gepubliseer wat wys dat migrante buite verhouding tot die land se misdaadsyfers bydra.