Print this page

Hongarye: regeringskantoor om Christenvervolging aan te pak

Hierdie week het Hongarye, wat die afgelope jaar onder druk gekom het vir sy hantering van Europa se massa-migrasiekrisis, die eerste regering geword wat 'n kantoor geopen het spesifiek om die vervolging van Christene in die Midde-Ooste en Europa aan te spreek. "Vandag het Christenskap die mees vervolgde godsdiens geword, waar vier uit vyf mense wat om godsdiensredes vermoor is, Christene is," het Hongarye se minister vir menslike vermoëns, Zoltan Balog, gesê. 200 miljoen Christene woon in gebiede waar daar teen hulle gediskrimineer word. Die stap skep 'n presedent op die internasionale verhoog. Dit kom nadat Hongarye se regse konserwatiewe premier, Viktor Orban, kritiek in die EU gelewer het deur te sê Europa moet daarop fokus om Christene te help, voordat hulle miljoene Islamitiese mense help wat Europa binnekom. 'As ons regtig wil help, moet ons help waar die werklike probleem is. Ons moet eers die Christenmense help voor Islamitiese mense', het Orban gesê.