Print this page

EU-kuswag en grensmag goedgekeur

Die Europese Parlement het ingestem om 'n nuwe grens- en kuswag-agentskap op die been te bring om lande te help om buitengewone hoë vlakke van migrasie te hanteer. Die mag van 1 500 wagte sal kan ontplooi selfs al vra 'n lidstaat nie om sy hulp nie. Die Europese Kommissie het gesê dit sal as 'n 'veiligheidsnet' werk. Nasionale grenswagte in EU-lidlande sal volgens die Europese Kommissie 'in uitsonderlike situasies' deur die nuwe Europese Grens- en Kuswag ondersteun word. Planne vir die nuwe agentskap het kritiek van sommige EU-regerings ondervind omdat hulle ingryping toegelaat het, selfs al het lidlande nie hulp gevra om hul grense te bestuur nie. Onder die goedgekeurde voorstel sal die EU-kommissie 'n ingryping voorstel en die Europese Raad sal die besluit neem. 'n Verklaring lui: 'Daar behoort nie meer tekorte aan personeel of toerusting vir operasies aan ons buitegrense te wees nie'.