Aanvalle beplan op Euro 2016

Op 4 Junie het die Oekraïne se veiligheidsdiens gesê dat 'n Franse burger wat aan die einde van Mei op die grens met Pole aangehou is, aanvalle in Frankryk beplan het om saam te val met die Euro 2016 sokkerkampioenskap. Die naamlose 25-jarige is in hegtenis geneem met 'n arsenaal van wapens en plofstof, insluitend vuurpyllanseerders en Kalashnikov-aanvalsgewere in sy voertuig. Owerhede het gesê die man het kontak gemaak met gewapende groepe in die Oekraïne met die doel om wapens en plofstof te koop. 'n Parys-polisie-klopjag op sy huis het bestanddele vir tuisgemaakte plofstof ontdek. Die Verenigde State het sy burgers gewaarsku oor die moontlikheid van verdere aanvalle in Europa en gesê teikens kan Euro 2016 (wat vandag in Frankryk begin) insluit. Geweeraanvalle, bomme wat op afstand ontplof het, en selfs hommeltuie wat plofstof en chemiese wapens dra, is net 'n paar van die terreurbedreigings waarop Franse owerhede voorberei. Sien ook: