Europa: vloede en klimaatsverandering

Die Europese Omgewingsagentskap berig: 'Temperature styg, reënvalpatrone verskuif, gletsers en sneeu smelt, en die globale gemiddelde seevlak styg. Hierdie veranderinge sal na verwagting voortduur, en uiterste weersomstandighede soos vloede en droogtes sal meer gereeld en intenser word.' Vandeesweek het stortreën verskeie lande getref. Vyf mense is Woensdag in vloede in Frankryk en Duitsland dood. Tientalle dorpe is oorval en mense is met ’n helikopter gered. Koshuise, skole en 'n ouetehuis is in Montargis, suid van Parys, ontruim. In Duitsland, naby die Oostenrykse grens, is brandbestryders en ander nooddienste na oorstroomde dorpe gestuur. Die nasionale weerdiens het gesê Frankryk het die natste maand van Mei verduur sedert rekords begin het. Voorspellers sê water sal na verwagting vir 'n paar dae aanhou styg. Sien ook