Brussel-bomaanval en anti-Semitisme

Een uit elke vierhonderd Europeërs is Joods, maar die Joodse bydrae tot kennis- en kultuurvelde is buite verhouding tot hierdie syfer: meer as een vyfde van die Nobelpryse vir wetenskap is byvoorbeeld aan Jode toegeken. Daar is berig dat Jode veral geteiken is in die Brusselse lughawe terreuraanval. Mohammed Abrini, die oorlewende aanvaller wat verlede naweek in hegtenis geneem is, het blykbaar aan ondervraers gesê dat die hoofteiken die uitgaande sitkamer was vir passasiers wat na Tel-Aviv vertrek. Gebeure wat Jode in Brussel, Parys en Kopenhagen teiken, blyk 'n terugkeer van anti-Semitisme in Europa op 'n nuwe vlak aan te dui. Sien ook: