Ysland se koalisieregering het 'n nuwe premier aangestel, 'n dag nadat Sigmundur David Gunnlaugsson opsy getree het in die nasleep van die Panama Papers-skandaal. Dit is onduidelik of die stap woedende Yslanders sal bevredig. Betogers, wat reeds keelvol is vir die finansiële en politieke elite nadat die bankkrisis in 2008 hul ekonomie verwoes het, het die laaste drie nagte in Reykjavik bymekaargekom, 'n paar wat die parlement met jogurt en eiers bestook het. Ysland het gesukkel om te herstel van die 2008-ineenstorting van sy banke met groot skuld, die val van 'n regering en die tronkstraf van baie bankiers. Baie Yslanders koester steeds 'n sterk wantroue in hul leiers. Bid vir Ysland se Christelike radio Lindin aangesien dit 90% van die bevolking bereik.