Print this page

Duitsland: risiko's vir sekuriteit

’n Duitse voorbidder sê die toestroming van vlugtelinge bied ’n uitdaging vir die president van die Federale Kantoor vir Binnelandse Veiligheid, Hans-Georg Maassen. Hy sien drie probleemareas: 1) Aktiewe ondersteuners en lede van terreurorganisasies wat Duitsland as vlugtelinge binnekom. 70% van migrante het geen geldige identifikasiedokument nie. 2) Migrante word geradikaliseer deur toegang tot die internet te verkry. 3) Die pogings van Salafistiese Islamiete om migrante vir terrorisme-aktiwiteite te werf. Die situasie het ook gelei tot 'n toename in regse ekstremisme.