Beelde van 'n klein seuntjie wat op 'n Turkse kus uitgespoel het, het oor die hele wêreld geflits as 'n tragiese voorstelling van die huidige Mediterreense migrantekrisis waarin Griekeland in die episentrum is, met meer as 230 000 migrante wat die verraderlike reis na sy kus in 2015 oorleef het. Maar Griekeland se noodgeval gaan veel verder as hierdie toestroming van migrante. Griekeland word geteister met onmoontlike skuld, met geen maklike oplossings nie. ’n Wetgewende verkiesing word op Sondag 20 September gehou, waarna groot besluite geneem sal moet word. Griekeland staan op 'n deurslaggewende oomblik in sy geskiedenis. Die grootste bedreiging vir Griekeland is egter nie ekonomies, polities of sosiaal nie. Dit is geestelik. Al het die evangelisasie van Europa hier begin, is minder as 0,5% van die Grieke vandag evangelies. Die Ortodokse Kerk, hoewel groot, is dikwels sonder ware lewe en geloof. Griekeland staan vandag aan die rand van 'n gevaarlike afgrond.