Griekeland: Eerste borgtogpaaiement op 17 Augustus

Europa - - 29 Jul 2015 - Print - Email

As die verwagte tydlyn volgens skedule loop, kan Griekeland die eerste paaiement van die 86 miljard euro se reddingsgeld op 17 Augustus sien. Bloomberg berig 'n amptenaar 'met kennis' het gesê dat onderhandelinge tussen die Griekse regering en internasionale krediteure teen 6 Augustus afgehandel moet wees. As die Griekse parlement teen 7 Augustus tot die ooreenkoms instem, sal die Euro-werkgroep en die eurosone se ministers van finansies die program teen 11 Augustus onderskryf. Die nasionale parlemente van ander lande moet ook die reddingspakket teen 13 Augustus goedkeur. Bid asseblief vir die Griekse regering om hervormings te implementeer ten spyte van hewige teenkanting, en vir die eenheid van die nasie. Bid ook dat struikelblokke verwyder word en beleggings gemaak word sodat daar werk sal wees vir die baie jongmense wat in hul laat 20's en vroeë 30's is en nog nie gewerk het nie.