Moldawië het verskillende probleme

Europa - - 17 Jul 2015 - Print - Email

Moldawië, tussen Roemenië en die Oekraïne, is een van die armste lande in Europa; kinders word dikwels in die steek gelaat deur gesinne wat in armoede vasgevang is met geen hoop nie. Moldawië ly steeds onder 'n Kommunistiese nalatenskap en het 'n groot buitelandse skuld met hoë werkloosheid. Dit is baie afhanklik van Rusland vir energievoorsiening en Rusland het nie gehuiwer om voordeel te trek uit hierdie feit as 'n manier om ekonomiese druk uit te oefen nie. Die Ortodokse Kerk het sterk politieke invloed. Die prediking en die plant van kerke in tradisioneel Ortodokse dorpe word teengestaan, dikwels met geweld. (Pray-Europe berig dat 800 dorpe steeds geen Christelike getuienis het nie.) Twee-derdes van Moldawiërs is van Roemeense afkoms, die tale is feitlik identies en die twee lande deel 'n gemeenskaplike kulturele erfenis. Sien ook: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-17601580