Ysland: Herroeping van godslasteringwet

Europa - - 17 Jul 2015 - Print - Email

Ysland se parlement het sy godslasteringswette afgeskaf, ondanks teenkanting van sommige van die land se kerke. ’n Wetsontwerp is voorgestel deur die minderheid Pirate Party, wat hom beywer vir internet- en datavryheid. Dit het gekom ná die dodelike aanval teen die Franse satiriese tydskrif Charlie Hebdo in Parys. Die wetsontwerp het gesê dit is 'noodsaaklik in 'n vrye samelewing dat die publiek hulself kan uitdruk sonder vrees vir straf'. Drie Pirate Party-LP's het 'n wetsontwerp voor Alþingi (Ysland se parlement) gebring om 'n klousule uit die Yslandse Strafwet te laat verwyder, in die nasleep van die Charlie Hebdo-aanvalle in Parys. Op 7 Julie het die drie LP's na die spreekkamer van die Alþingi gekom en die een na die ander, terwyl die stemming aan die gang was, verklaar: 'Ek is Charlie Hebdo.' Die gevestigde (Lutherse) Kerk van Ysland het die stap ondersteun, maar die Kerk van Ysland-gemeente Berunes (Oos-Ysland), die Katolieke Kerk van Ysland en die Fíladelfía-pinksterkerk het dit teëgestaan. Die Katolieke Kerk het aangevoer dat godslastering sielkundige mishandeling aan individue of groepe kan toedien. Die Fíladelfía-kerk het gevra: 'Sluit 'n persoon se menseregte die reg in om die oortuigings van ander te bespot?'