Print this page

Roemenië: Evangelisasie groei in 'n sukkelende omgewing

Europa - - 03 Jul 2015 - Print - Email

Roemenië werk steeds daaraan om die fisiese, ekonomiese en emosionele skade te oorkom wat deur 42 jaar van onderdrukkende totalitêre heerskappy veroorsaak is. Die broodnodige ekonomiese hervormings was traag om geïmplementeer te word. Motivering om by die Europese Unie aan te sluit het baie veranderinge versnel, maar korrupsie en ekonomiese probleme duur voort en het baie gefrustreerd gelaat. Na raming leef 25% van Roemenië se 22 miljoen mense onder die armoedegrens. Roemeniërs beweer dat hulle Christene is, maar min bewyse word in hul lewenstyl gesien. Roemenië het een van die hoogste aborsiesyfers ter wêreld en probleme weens dwelmmisbruik, prostitusie en pornografie weerspieël die emosionele toestand van baie. Die kerk is Oosters-Ortodoks, wat teen ander Christelike kerke diskrimineer. Roemenië het egter die vierde grootste groeiende evangeliese bevolking in Europa. ’n Toename in materialisme, toewyding aan tradisie en gebrek aan eenheid in denominasies en kerke het nie ’n groeiende ontvanklikheid vir Jesus Christus in Roemenië gestop nie.