Print this page

Nederland: Nuwe reëls verminder jongmense se invaliditeitsvoordeel

Europa - - 03 Jul 2015 - Print - Email

Die aantal nuwe eise vir invaliditeitsvoordeel onder die Wajong-skema het met 90% gedaal sedert nuwe reëls aan die begin van vanjaar ingestel is. In die eerste vier maande van 2014 is bevind dat 5 109 jongmense op die voordeel geregtig is, vergeleke met net 515 in die eerste vier maande van vanjaar. Die voordeel is vir diegene wat op 'n jong ouderdom weens siekte of gestremdheid nie kan werk nie. Sedert begin vanjaar is slegs mense wat glad nie kan werk nie, geregtig om te eis. Ander wat vroeër geregtig was op hulp, soos mense wat 'n klein deeltydse werk beklee of mense met Downs-sindroom, moet eerder by hul plaaslike owerheid aansoek doen vir welsynsvoordele. Die tydskrif Elsevier het verlede week berig dat 820 330 mense in Nederland as onbekwaam beskou word om te werk en een of ander vorm van invaliditeitsvoordeel ontvang. Die totale Nederlandse werkende bevolking is 7,2 miljoen. Sowat 250 000 van hulle eis Wajong-voordele, van wie byna 80% gedragskwessies soos ADHD of outisme het.