Ysland: YWAM werk in die vreedsaamste land ter wêreld

Europa - - 03 Jul 2015 - Print - Email

IceNews het vandeesweek berig Ysland is volgens die Instituut vir Ekonomie en Vrede aangewys as die wêreld se vreedsaamste land. Die nie-winsgewende groep, wat vroeër die week sy jongste Global Peace Index vir 2015 vrygestel het, het 162 lande regoor die wêreld gerangskik op grond van faktore soos konflik, geweld en militarisering. YWAM is baie aktief in Ysland met 'n visie om 'n gemeenskap van missionale dissipels te wees wat in intimiteit met God groei en wat aan sy Seun oorgegee is. Hulle doel is om met ander gelowiges saam te werk wanneer hulle kan, om oor kerkgrense heen te skakel om elke area van die Yslandse samelewing te transformeer om alle dinge nuut te maak. Hulle glo dat alles geestelik is. Hoe ons ander behandel, opstaan vir die onderdruktes en omgee vir die omgewing gaan hand aan hand met gebed, aanbidding en lees van die Skrif. Sien ook: http://www.ywamiceland.org/ourvision/