Geopende Deure rapporteer Wit-Rusland as die laaste oorlewende diktatuur in Europa. Die regering laat byna geen politieke opposisie toe nie. Die Ortodokse Kerk is die enigste amptelik erkende denominasie met ongeregistreerde godsdienstige aktiwiteite wat tronkstraf of swaar boetes tot gevolg het. Ongeregistreerde kerke word deur die geheime polisie gemonitor en gewelddadige klopjagte kom gereeld voor. Bid asseblief vir die pastore wie se kerke gemonitor word om moed en deursettingsvermoë te hê en vir 'n verandering in die regering se houding teenoor Christenskap. Die wet verbied godsdienstige organisasies om godsdiensonderrig aan kinders te verskaf en om godsdiensaktiwiteite buite die omgewing waar die organisasie geregistreer is, uit te voer. Kerkregistrasie is 'n vervelige, duur, indien nie onmoontlike proses nie. Baie kerke moet etlike jare wag om te registreer.