België: Genadedood 'gepas' vir selfmoordvrou

Europa - - 03 Jul 2015 - Print - Email

Daar is aan ’n 24-jarige Belgiese vrou gesê sy kwalifiseer vir genadedood omdat sy aan 'selfmoordgedagtes' ly. Die anonieme vrou sê dat sy al van haar kinderdae af wou sterf en het in 'n onderhoud met 'n Belgiese koerant oor haar besluit gepraat. Sy is 'n pasiënt in 'n psigiatriese inrigting sedert sy 21 was, maar voel dat die behandeling nie gehelp het nie, en het gesê: 'Die dood voel nie vir my as 'n keuse nie. As ek 'n keuse gehad het, sou ek 'n draaglike lewe kies, maar ek het alles gedoen en dit het nie gewerk nie.' Verlede jaar het 'n Nederlandse akademikus wat die wettiging van genadedood in Nederland ondersteun het, gewaarsku teen 'n toenemende aantal pasiënte met psigiatriese siektes of demensie wat doodgemaak word. Hy het gesê: 'Gevalle is aangemeld waarin 'n groot deel van die lyding van diegene wat genadedood ontvang, bejaard, eensaam of bedroef was. Hierdie pasiënte kon jare of dekades geleef het. By Westminster gaan die Arbeiders-LP Rob Marris in die komende weke 'n wetsontwerp op geassisteerde selfmoord instel (sien artikel 2 in die afdeling Britse Eilande).