Print this page

Swede: Prinses Madeleine gee geboorte aan 'n jong prins

Europa - - 01 Jul 2015 - Print - Email

Prinses Madeleine van Swede het geboorte geskenk aan 'n babaseuntjie net twee dae ná die troue van haar broer prins Carl Philip en Sofia Hellqvist. Die Sweedse koninklike hof het die geboorte in 'n persverklaring aangekondig en gesê dat die nuwe prins op Maandag 15 Junie 2015 om 13:45 by Stockholm se Danderyd-hospitaal gebore is. Woordvoerder Svante Lindqvist het bygevoeg dat dit goed met die prinses en haar seun gaan. Hoofvroedvrou Anna Stahl het later gesê die bevalling was sonder komplikasies, maar hoewel dit 'n normale geboorte was, het dit spesiaal gevoel. Die babaseuntjie is nou sesde in die ry op die Skandinawiese land se troon en Madeleine en die Amerikaanse finansierman, Chris O'Neill, se tweede kind ná die geboorte van prinses Leonore verlede jaar in New York. Dit was 'n besige paar dae vir die Sweedse koninklikes, met prins Carl Philip en Sofia Hellqvist wat Saterdag die knoop deurgehaak het in 'n sagte seremonie.