Roemenië: Vals banknote; Sentrale Bank beweeg van verlies na wins

Europa - - 01 Jul 2015 - Print - Email

Roemenië se Sentrale Bank het in 2014 2 631 banknootvervalsings ervaar, meer as dubbel die vorige jaar. 2 400 is in omloop gevind terwyl die res tydens klopjagte deur die polisie beslag gelê is. Die totale waarde van die vervalste note in plaaslike geldeenheid was meer as die ekwivalent van EUR 55 000. Gedurende dieselfde tydperk het die Roemeense Nasionale Bank verlede jaar 'n wins van EUR 251 miljoen aangeteken, na 'n verlies van EUR 282 miljoen in 2013. Die Sentrale Bank se netto bates het altesaam EUR 3,4 miljard beloop, 25,8% hoër in vergelyking met 2013 Sien ook: www.romania -insider.com/fake-romanian-banknotes-double-one-year/151718/